Bladsye

Saterdag, 29 Desember 2012

Ateïs vs. ateïs - modernisme en postmodernisme

Moderniste beklemtoon die outonomie van die individu en van bepaalde groepe mense, in teenstelling met die pre-moderne era se mense se beklemtoning van die belangrikheid van die bepalende invloed van 'n buite-menslike objektiewe God of Absolute. Volgens moderniste is die mens die maatstaf van alle dinge en gebruik mense hul verstandelike vermoëns om die wêreld 'n beter plek te probeer maak deur die gebruikmaking van tegnologie en humanistiese norme en waardes. Moderniste poog om hul eie idees aangaande “vooruitgang” op alle mense en kulture van toepassing te maak. Die koloniale magte het bv. hul “meerderwaardige” tegnologie en godsdienste bekendgestel aan die inboorlinge van Afrika en Amerika. Fascisme beklemtoon die belangrikheid van die Staat, Nietzsche praat van die Übermensch as hoogste ideaal van die mensdom, terwyl kommuniste  strewe na die verwesenliking van die ideaal van die gemeenskaplike besit van alle eiendomme en hulpbronne.

Postmoderniste daarenteen, beklemtoon die bepalende memetiese (vergelyk Richard Dawkins se memes) invloed van mense se handelinge en houdings op ander mense. Postmoderniste ontken die bestaan van objektiewe, absolute waardes buite die mens. Volgens hulle is daar géén gemeenskaplike norme of waardes wat deur alle mense en alle beskawings nagevolg behoort te word nie, en is alle mense se lewenswaardes afhanklik van die invloed wat die waardes en gedrag van ánder mense op hulle het. Postmoderniste kritiseer o.a. die koloniale magte se pogings om hul eie norme en waardes op die Afrikane en Rooi-Indiane van Amerika af te dwing. Waardes en norme is volgens postmoderniste altyd relatief en verander met verloop van tyd. Daar is vervolgens geen gemeenskaplike ideaal of utopiese wêreldorde waarna alle mense behoort te strewe nie. Postmoderniste verwerp dus die Boeddhiste se strewe na Nirvana, die Christene se hoop op ʼn Ewige Lewe en die Moslem-selfmoordenaar se hoop op prettige tye saam met 72 maagde in die hiernamaals. Materialistiese Ateïste is gewoonlik óf ondersteuners van modernisme, óf van postmodernisme. Terwyl baie Materialistiese Ateïste ondersteuners is van postmodernisme en morele relativisme, is daar andere soos Sam Harris wat in sy boek The Moral Landscape, beweer dat die wetenskap wél sekere riglyne en gemeenskaplike waardes aan alle mense kan verskaf wat kan lei tot 'n beter wêreld met minder pyn en lyding. Dan is daar ook humanistiese ateïste en agnostici, soos bv. lede van The New York Society for Ethical Culture [1] wat reken dat die bevordering van die waardes van Etiese Humanisme kan lei tot 'n beter wêreld.

Kritici van postmodernisme beweer dat dit lei tot 'n vervlakking van mense se lewens, omdat daar geen gemeenskaplike objektiewe waardes is wat samehorigheid binne 'n samelewing bewerkstellig nie. Die idee dat die Pous, Koning of Keiser, die verteenwoordiger van God op aarde is, het 'n gemeenskaplike saambindende geloof verskaf aan mense gedurende pre-moderne tye. Terwyl daar sekere voordele daaraan verbonde is om weg te beweeg vanaf ou en uitgediende konsepte wat voorheen as die “absolute waarheid” deur beide godsdienstiges en wetenskaplikes aanvaar is, is dit ongelukkig 'n probleem wanneer die meeste inwoners van 'n land só ingestel is op individuele vryheid dat daar gevolglik byna géén ander gemeenskaplike waardes is wat deur hulle nagevolg word nie. Dit kan 'n samelewing daarvan weerhou om voldoende weerstand te bied teen uiterlike bedreigings. 'n Goeie voorbeeld hiervan is baie hedendaagse Europese lande wat postmodernisme omarm het, en as gevolg daarvan min weerstand bied teen die Moslem-immigrante wat hul eie fundamentalistiese lewenswaardes soos bv. Sharia wette, op die Europeërs wil afdwing.

Prof. Danie Goosen verwoord as volg die verskille tussen modernisme en postmodernisme op bladsy 168 van sy boek Die Nihilisme:

“Die modernisme en die postmodernisme word gekenmerk deur óf ʼn dualisme waarvolgens ʼn voorkeur aan die outonome self ten koste van die gemeenskap gegee word (die modernisme), óf ʼn monisme waarvolgens die self en die ander van hul selfstandigheid ontneem en in ʼn gryse indifferensie opgeneem word (die postmodernisme).”

Modernistiese regeringsvorms soos o.a. fascisme en kommunisme het 'n gemeenskaplike ideaal of doelwit aan die burgers van sodanige lande verskaf, terwyl postmodernistiese, liberale humanisme uiteindelik lei tot 'n gryse afplatting of indifferensie (die woord wat prof. Danie Goosen gebruik) binne 'n samelewing. Postmodernisme word deur hom beskou as een van die oorsake van nihilisme (die verwerping van die idee dat die lewe enige noemenswaardige betekenis of waarde kan hê). Materialisme, verbruikerisme en kleinlike selfsug vul gewoonlik die lugleegte wat deur postmodernisme veroorsaak word.

Godsdienstige Fundamentaliste neem dikwels hul kans waar om ook die lugleegte te vul wat veroorsaak word deur die invloed van postmodernisme op veral jong Westerse Europeërs. Richard Dawkins het onlangs gereageer op die kommerwekkende tendens in Brittanje waar ongeveer 5 000 mense per jaar die Moslem-geloof aanvaar. Sy volgende opmerking is nogal tipies van 'n “modernistiese” ateïs se bekommernis oor die toename in populariteit van Godsdienstige Fundamentalisme onder veral die jeug van Brittanje:

“These young people [new converts to Islam] have voluntarily adopted a belief system which has the unique distinction of prescribing execution as the official penalty for leaving it. I have enormous sympathy for those people unfortunate enough to be born into Islam. It is hard to muster much sympathy for those idiotic enough to convert to it.” [2]

Die bekende Suid-Afrikaanse skeptikus en ateïs, George Claassen, kritiseer postmodernisme as volg  op bladsye 235 tot 239 van sy boek Geloof, bygeloof en ander wensdenkery:

“Wat hierdie soort postmodernistiese denke  inderdaad doen, is om die rasionele denkprosesse van die wetenskap te bevraagteken en verdag te maak. Wetenskaplike feite bestaan dus nie meer nie, maar moet gesien word uit die oogpunt van wie dit vertel.”

Op bladsy 237 sê hy die volgende:

“Die postmoderniste se aanval op die wetenskap en die werklikheid sal geen jota of tittel verander aan daardie werklikheid nie. ... Geesteswetenskaplikes wat hierdie universele [wetenskaplike] wette ontken, is onwetenskaplik en blindes wat die blindes lei.”

Interessant genoeg verwys hy ook op bladsy 238 na Richard Dawkins se kritiek teen postmodernisme in o.a. die hoofstuk “Sense and sensibility” van sy boek A devil's chaplain: selected essays by Richard Dawkins en sy Nature-artikel met die opskrif “Postmodernism disrobed”.

Maandag, 24 Desember 2012

Jaco Steyn's New Spiritual Creed

Most contemporary debates about religious issues occur mainly between supporters of Religious Fundamentalism (e.g. dr. William Lane Craig and dr. Michael Licona) and proponents of Materialistic Atheism (e.g. Richard Dawkins and Sam Harris). This usually creates the impression that there are essentially only two important ideas about the nature of the Divine and that people ought to choose between either the belief in the personal nature of God, or the idea that there is no God or Divinity. However, there is a third worldview based on the belief that the nature of the Divine is impersonal/non-personal. The latter outlook is not as well known to Westerners as the previous two, because it is closer to beliefs of the Far Eastern countries -beliefs such as Hinduism and Buddhism. Due to the influence of traditional Calvinist values and the fact that South Africa's Constitution prior to 1994 was based on faith in the Triune God of traditional Christianity, the vast majority of South Africans are at present supporters of Religious Fundamentalism. These South Africans usually assume that any person who does not believe in a personal God, is by default an atheist.

While the pursuit of pleasure and temporary material happiness provide ample purpose for many people, there are some people for whom that way of living does not provide sufficient meaning. They do not accept the assertion that the existence of human beings is a chance occurrence in a basically pointless and meaningless universe. Their faith and hope in the continuation of conscious existence after the death of the temporary physical body, provide them with a better sense of purpose. Consequently they are often less bitter and vindictive when they think back about all the seemingly unnecessary pain, suffering and strife that was part of a lot of their own life experiences.

Many people who have a need for a belief in something greater than themselves and a realization that there must be a Divine Reality “behind” everything, are often dissatisfied with the alleged characteristics of the Gods of most traditional religions. The idea that God is similar to an old man with a white beard who sits on a throne and who decided that most of his miserable creatures are destined for an eternal stay in hell, is for them incompatible with, for example the unconditional love that a mother should have for her own child. Many traditional Christians' constant emphasis on their God's so-called unconditional love for His creatures, in no way changes the awkwardness of their dogmatic ideas about hell.

People who feel comfortable with the idea that the nature of the Divine is either impersonal or non-personal and who are also comfortable with the idea that the transmigration of an immortal part of man from one body to another, is a more meaningful way of thinking about life after death, have an outlook on life which is part of what I refer to as the New Spiritual worldview. Many of them identify with some ideas of the “New Age" Movement -ideas which were popularized by recent films e.g. The Secret and What the BLEEP Do We Know!? The resulting fine-sounding idea that each person can create his/her own reality by simply utilizing their own personal thoughts and attitudes, appeals to many people who are disillusioned by traditional religious ideas and by the the self-centred materialism of most Westerners. However, I distance myself from that naïve “The Power of Positive Thinking” way of thinking and I also state that certainly not all spiritually conscious people identify themselves with that way of thinking. I realize that peoples' external circumstances and inherited genes also have a significant impact on their quality of life.

My own worldview and attitude towards life is closer to a more Gnostic and/or Buddhist worldview according to which all people are in a way trapped in an objective world in which they certainly cannot determine their own future mainly by having a positive attitude regarding their living conditions. The most important purpose of every person is to find ways which can help them to “escape” from this limited earthly existence wherein they are exposed to natural forces and the power of other human beings that are largely beyond their control. The nurturing of positive thoughts and meditation techniques, as well as the pursuit of spiritual values and a constant awareness of the Divine, can however contribute significantly to each person's path to ultimate liberation.

I will now compare my own ideas regarding the qualities of man, the qualities of the Divine and the relationship between man and God, to those of Religious Fundamentalists and Materialistic Atheists. Here is a brief summary of the Creed of my New Spiritual worldview:

·        Every living being has an immortal part which can operate independently of the physical body and which continues to consciously exist after the death of the physical body. This immortal part (soul) therefore usually transmigrates from one physical body to another.

·        There is an impersonal/non-personal Absolute Divinity which, as the One Reality, transcends all manifested things. This “Unmanifested” Divinity cannot sufficiently be defined by limited human terms. The Divinity is the inherent essence of all existing things, i.e. God is the Ground of all being.

·        There is a possibility of eventual merging between the immortal part of living beings and the Divine Absolute. This merging will result in the immortal part no longer being bound by a limited existence “inside” a physical body.

All three abovementioned statements are my own personal beliefs for which I have absolutely no  sufficient “empirical” scientific evidence. I also definitely do not declare that I know that the latter three statements are “true”, but that I believe in their validity and that I certainly believe that they make my life more meaningful. There is therefore a clear distinction between some people who claim that they “know” that their creed is the “truth”, and other people who admit that they cannot with certainty state that they “know” that their creed is really based on the “truth”.

Religious Fundamentalists usually refer to an immortal part or “soul”, which is part of every person and which persists after the death of each person's physical body. These souls differ from person to person and their statuses depend on all the good and bad thoughts and/or actions of each specific person. Every human being thus consists of a mortal part -the physical body, and an immortal part -the soul. The soul is more important than the physical body because it supposedly lives forever. All people are included in one of only two groups of people -the “faithful” group of people who believes the “right” things and lives according to the “right” way of life, or the group of unbelievers who doesn't believe in those things and live according to a certain way of life. The eternal part of the soul's “lifetime” after the death of the physical body, is therefore determined by what each person thought and/or did during a relatively short period averaging 75 years. Only the faithful group of people is destined to inherit eventual Eternal Life in Heaven.

Materialistic Atheists however, claim that everything is ultimately based on corruptible matter even human emotions such as love and hate. A person's consciousness “disappears” after the disintegration of the brain. Materialistic physicists claim that there are fundamental particles, which are the basis of all things, that cannot be broken down into smaller particles or pieces. Even a person's consciousness is therefore ultimately composed of millions of tiny particles. Consciousness disappears with the death of the physical body, after the particles have “broken away” from the original intact physical brain. There is an on-going debate between one group of quantum physicists who believes that everything is ultimately composed of waves of energy, and another group of quantum physicists who believes that everything is ultimately composed of fundamental particles, e.g. quarks. Scientists who are more “open” to the possibility of the existence of non-material things, tend to find the former theory more acceptable.

“Spiritually conscious” people believe that there is a non-material part of every human being which is immortal and which continues to exist after the dissolution of the physical body. Ghosts and spirits which are observed by some people, are also composed of energy that can function independently from their previous physical bodies. Buddhists refer to a mental continuum which moves from one physical body to another -similar to a flame being transferred from one candle to another. Many years ago some philosophers believed that every man consists mainly of a spirit, a soul and a body. Even the author(s) of 1 Thessalonians 5:23 referred to those three “parts”: “Now may the God of peace himself sanctify you completely, and may your whole spirit and soul and body be kept blameless at the coming of our Lord Jesus Christ.” Whereas the spirit is the Divine “essence” of each person, the soul moves from one body to another through a process of either reincarnation or the transmigration of the soul. The difference between these two concepts is that reincarnation implies the journey of the soul from one human body to another, while the “transmigration of the soul”-concept implies the journey of the soul from a human body to an animal body and vice versa.

While I accept the overwhelming scientific evidence for the appearance of various life forms through evolutionary processes such as natural selection and mutations, I also believe that souls evolve by means of the lessons learned during many different lifetimes. The ideas and actions of a person not only affect other people, but they also have a significant influence on the future life of the person to which the soul “belongs”. Hindus and Buddhists use the word Karma to refer to the connection between “cause” and “effect” with regard to peoples' good and bad thoughts and deeds. It is therefore not quite true that you take “nothing” with you when you die. Your mood as well as the evolutionary level of development of your soul, which largely depends on your thoughts and actions during “this” life, become part of your next journey inside another physical body on earth, or perhaps in another dimension or on a different planet.

There are significant differences between (1) Religious Fundamentalists, (2) positive atheists and (3) proponents of a New Spiritual worldview, regarding their ideas about the nature of God. Religious Fundamentalists believe that there is an unbridgeable gap between their God and His creation. Their God is separate from and “beyond” His creation and can in no way be considered as being “equal” to it. No “part” of God can therefore be considered as being the inherent essence of everything inside His inferior creation. The panentheistic view regarding the nature of Divinity, which is part of a New Spiritual worldview, however acknowledges the reality of a Divine essence “within” all things. Divinity is therefore not similar to some “Super Person” who has emotions such as jealousy and love. Positive atheists reject both of these latter beliefs regarding the nature of the Divine. They assert/believe that the Divine/God is not real and that all ideas about its characteristics are wrong and based on peoples' wishful thinking. The atheist André Comte-Sponville, however acknowledges on page 82 of his book The Book of Atheist Spirituality, that one of the three classic arguments for the existence of God -the so-called cosmological argument, is the closest to being possible “evidence” for the existence of God:

“Of the three classical 'proofs' of God's existence, this is the only one I find powerful, the only one that occasionally makes me vacillate or hesitate. Why? Because contingency is an abyss in which reason loses its bearings.”

Therefore there must have been some kind of a beginning or “First Cause” to the perpetual pattern of “cause and effect”.

While it is impossible to sufficiently describe Divinity in limited human terms, some people still try to “define their understanding of it -people such as the theosophists and their definition of “Theosophic pantheism”:

“It is the doctrine that the root-essence of the universe is utter divinity, that divinity pervades throughout and is the substratum, the inmost, of all beings and things -every atom, sun, universe, man, god. Theosophic pantheism [similar to the contemporary understanding of the word 'panentheism'] excludes the idea that deity is separate from the universe [in contrast to both theism and deism]; and while denying monotheism [including traditional Christians' belief in the Trinity] and polytheism... Everything that is, is a manifestation, in one degree or another, of the allpermeant [all-pervasive?], divine essence.” [1]

Different terms have been used throughout the years to refer to the impersonal/non-personal Absolute Divinity. The German philosopher Paul Tillich spoke of “the God beyond God” and sometimes referred to the Divinity as the “Ground of all being”. Theosophists use the word Parabrahman to refer to the Unmanifested Absolute. Here is another definition that theosophists use to clarify their understanding of the Divinity:

“...the self-enduring, eternal, self-sufficient cause of all, the one essence of everything in the Cosmos. It is before all things in the Cosmos, and is the one sole limitless life-consciousness-substance from which starts into existence a center of force which may be called the Logos [the Word].”

Here is an “esoteric” interpretation of John 1:1 “In the beginning was the Word, and the Word was with God, and the Word was God.”:

The “Word” referred to here, probably has the same meaning as the Logos of the ancient sages and present-day theosophists -the Logos which emanated initially from the impersonal Absolute/Divinity. The manifested Cosmos then arose through the operation of the Logos, which is a “Creative” Manifestation of the Divine. The literal interpretation of this verse differs from the esoteric interpretation. The literal interpretation is the traditional Christian claim that Jesus as the “Word” part of the Triune God, had always been “with” God the Father. This faith in the Triune nature of God was the most important part of the notorious Nicene Creed, which was adopted in the year 325.

Based on their theistic religious outlook, Religious Fundamentalists believe that every person can have a personal relationship with God and that God is capable of producing “miraculous” changes in their lives and in the world. These miracles supposedly sometimes occur after a faithful person asks for them. The destiny of each person's immortal soul depends on their faith and/or the extent to which each person fulfilled God's laws and requirements. For example, Protestants emphasize the importance of faith rather than good works, while Roman Catholics emphasize the importance of both faith and good works. Muslims and Jews emphasize the importance of each person's obedience to Allah or Yahweh's rules, laws and commandments. All of them believe that the status of a person's soul can never be the same as God's exalted status - not even after the particular soul attained Eternal Life in Heaven! Materialistic Atheists assume that death is the end of conscious existence. Accordingly any discussion about the relationship between God and man, is therefore meaningless.

Some people had, at some point in their lives, a mystical experience of “oneness” with the Divine. During this experience they feel as if all things are part of only One Reality and that they are also part of that Reality. During this time they also have an experience of paramount Unconditional Love. When those particular people “return” to everyday life after that experience, they often passionately yearn back to that mystical experience. Those experiences often make such a great impression on people to the extent that they believe that its permanent fulfilment is the true goal of their lives. The eventual permanent mystical union with the Divine is sometimes presented as the ultimate goal to which all people should strive. Different faiths have different terms which they use to refer to that eventual merging or liberation. For example, “Esoteric” Buddhists use the word paranirvana, whereas Hindus refer to moksha. Proponents of the New Spiritual worldview believe that the pursuit of eventual permanent merging with the Divine, is the highest conceivable Ideal to which people can possibly aspire.

Eventual unification with the One Reality does not imply that your individual consciousness will thereafter disappear. You will not then turn into some kind of impersonal energy. You shall still be aware. However, you will then refrain from believing that there are basic unbridgeable differences between Good and Evil, and you will realize that there is only One Reality and that you and everyone and everything “around” you, are part of that harmonious whole. You will no longer find it necessary to hope and believe that you will only be liberated “sometime” in the distant future. Emotions such as hatred will disappear from your mind and you will henceforth be united with an all-inclusive “Energy of Unconditional Love”.





[1] http://www.theosociety.org/pasadena/etgloss/pa-peq.htm

Die sosiale gevolge van materialisme

Daar word dikwels op die filosofiese terrein onderskei tussen “dualiste” wat glo dat daar wisselwerkings is tussen geestelike entiteite en materie en dat die gees of siel selfs onafhanklik van materie kan funksioneer; en materialiste wat glo dat materie basies die enigste werklikheid is. Die belangrikste gevolgtrekking wat filosofiese materialiste maak op grond van hul aanname dat alles uiteindelik uit materie (insluitende gewone en “donker” materie) bestaan of daarvan afhanklik is, is dat die mens nié 'n nie-materiële deel het wat onafhanklik van die fisiese liggaam kan funksioneer nie. Alle oënskynlike “geestelike” dinge is dus uiteindelik afhanklik van chemiese reaksies tussen materie-deeltjies, insluitende die menslike bewussyn en gevoelens soos liefde en haat. Die belangrikste aanname van materialiste is dus dat die bewustelike voortbestaan van die mens na die dood van die fisiese liggaam, nié moontlik is nie. Hulle neem ook aan dat daar nie entiteite soos spoke en geeste van afgestorwenes bestaan nie. Gevolglik neem hulle óók aan dat daar nié 'n God of gode bestaan wat onafhanklik van materie kan bestaan en wat van “buite” materie hul denkvermoë kan gebruik om materie te beïnvloed nie. Miskien is daar tog 'n handjievol materialiste wat wel glo dat daar 'n Almagtige God is wie se bestaan afhanklik is van slegs materie, en dat sodanige God dus 'n nie-spirituele “materiële” God is. Voorgaande impliseer dus dat die oorgrote meerderheid van alle materialiste dus noodwendig óók ateïste is.

Terwyl materialiste dus nié begaan is oor die status van hul eie bewustelike bestaan na die dood nie, is Evangeliese Christene wel bekommerd oor die status van hul eie sowel as “ongelowiges” se siele na die dood, veral indien die halsstarrige ongelowiges nié sou besluit om Jesus as hul persoonlike Verlosser en Saligmaker te aanvaar nie. Daarom probeer Evangeliese Christene gedurig om ander mense te oortuig van die geldigheid van hul eie Christelike idees. Materialiste daarenteen, is slegs begaan oor die lewe hier en nou en strewe gewoonlik daarna om die kwaliteit van hul lewens te verbeter. Baie van hulle is dus hoofsaaklik begaan oor hulself, oor hul familie en naasbestaandes en tot 'n mindere mate oor die res van die mensdom. Hulle verskil egter van mekaar betreffende die mate waarin hulle bekommerd is oor hul eie persoonlike welsyn en dié van ander mense. Sommige van hulle is hoofsaaklik selfsugtig en sal selfs hul naasbestaandes benadeel solank hulle net persoonlik daardeur bevoordeel kan word. Andere is weer bekommerd oor die feit dat kinders in Ethiopië nie genoeg kos het om te eet nie en daar is selfs van hulle wat strewe na 'n paradys op aarde waarbinne alle mense in harmonie met mekaar sal saamleef en alles met mekaar sal deel. Die 64 miljoen dollar vraag is natuurlik hoeveel materialiste bereid sal wees om hulself te benadeel ter bevoordeling van mense wat hulle nie eers persoonlik ontmoet het nie. Hoeveel van hulle sal die nodige opofferings maak sodat (vreemde) mense 100 jaar van nou af beter lewensomstandighede kan hê?

Omdat materialiste glo dat die lewe na die dood onmoontlik is, glo hulle gelyktydig óók dat hiérdie sterflike aardse lewe (of miskien lateraan moontlike lewe op ander planete?) die enigste lewe is wat ons kan ken. Terwyl daar 'n minderheid mense is wat “van nature” goeie dinge kan doen aan ander mense en aan nie-menslike diere, sonder die verwagting om daarvoor beloon te word met 'n som geld of 'n ewige lewe, is baie mense ongelukkig nié “van nature” altruïsties van aard nie en verwag hulle dat hulle beloon moet word vir elke ongemaklike opoffering. Dit maak vir sodanige mense dan ook weinig sin om Natuurbewaring te doen sodat wit renosters nog 200 jaar van nou af op die aarde kan wees. Die voorgaande impliseer dus dat wat ook al die plek gaan inneem van ou en uitgediende godsdienstige waardes, doeltreffend genoeg behoort te wees om baie mense sodanig te motiveer dat hulle hoofsaaklik “goeie” dade in plaas van “slegte” dade sal verrig.

Hoe kan mense aangemoedig word om te besef dat hulle behoort om te gee vir mekaar en vir die omgewing en dat hulle nie slegs moet fokus op die bevrediging van hul eie kortsigtige belange nie? Is die “regte” manier van opvoeding en onderwys die antwoord? Wie besluit wat die “regte” manier van opvoeding en onderwys behoort te wees en watse inhoud die skole se leerplanne behoort te hê? Mens hoor veral in Suid-Afrika dat opvoeding dié antwoord op die oplossing van die probleme van die land is, en dat genoegsame, professionele opleiding, skoliere en studente in staat sal stel om meer vaardig te wees en makliker beroepe te kry. Die leerplanne word gewoonlik deur 'n owerheid opgestel en dit is dan ook in ooreenstemming met wat ook al die regeringsbeleid van die dag is.

Indien die regeringsleiers ondersteuners is van Materialistiese Ateïsme, het hulle gewoonlik óf hoofsaaklik 'n (postmodernistiese) liberale, humanistiese benadering, óf 'n (modernistiese) benadering waarvolgens skoliere en studente veronderstel is om spesifieke norme en waardes na te volg. 'n Goeie voorbeeld van laasgenoemde was natuurlik die ou Sowjetunie. Daar word van die regeringsleiers verwag om in so 'n land ondersteuners te wees van die staat of party se ideologie. Indien hulle, a.g.v. onder andere korrupsie, sou besluit om hulself finansieel te bevoordeel ten koste van die staat se belange, word hulle soms vervolg en gestraf daarvoor. Dit is dus duidelik dat die regeringsleiers ook op 'n manier gedwing word om sekere norme en waardes na te volg. Die vraag wat ek poog om te beantwoord, is waarom 'n oorwegend Materialisties-Ateïstiese regering hulself sal beywer vir die welsyn van die res van die mensdom, sowel as vir die welsyn van die res van die lewensvorme van die planeet aarde. Waarom sal hulle bekommerd wees oor die toekomstige welsyn van die nageslag van die res van die mensdom, indien hulle nóg in die verhuising van hul eie siele, nóg in die strawwe van die God van die tradisionele godsdienste, glo? Kommunistiese regeringsleiers het vir baie jare voorgegee dat hulle strewe na die totstandkoming van 'n toekomstige proletariese paradys waarbinne alles gemeenskaplik deur alle mense besit sal word. In die praktyk het hulle egter hoofsaaklik hulself bevoordeel ten koste van hul onderdane.

Tot watter mate kan 'n Materialisties-Ateïstiese lewensbeskouing iemand aanspoor om opofferings te maak wat kan lei tot die verbetering van die welsyn van die meeste lewende wesens? Waarom sal iemand wat glo dat daar geen lewe na die dood is en ook geen God is wat kwaaddoeners kan straf nie, homself benadeel tot voordeel van die meeste ander mense? 'n Lid van 'n Kommunistiese Party sal dit dalk doen uit vrees vir die weerwraak van sy mede-partygenote, terwyl 'n materialistiese burger van Swede of Japan dit sal doen uit vrees vir die arm van die gereg. Ek beweer beslis nié dat alle materialiste eintlik basies selfsugtig is en gedwing moet word om “goeie” norme en morele waardes na te volg nie, maar dit is wel 'n feit dat die meeste van hulle dit onsinnig en belaglik vind om hul eie kortsigtige materiële rykdomme, gemak en plesier en dié van hul vriende en naasbestaandes, “vrywillig” op te offer ter wille van die welsyn van ander “vreemde” mense en nie-menslike diere.

Dit is inderwaarheid so dat Liefde die antwoord is op die probleme van die mensdom, maar wat is die beste metodes wat gebruik kan word om hierdie feit by mense tuis te bring? Sal hulle van staanspoor af so ingestel wees as aan al hul materiële behoeftes voorsien word, moet hulle met geweld gedwing word om vir mekaar om te gee, of moet hulle permanent 'n gemoedstoestand hê wat gebaseer is op die vrees dat hulle eendag in die hel sal beland as hulle die “verkeerde” dinge glo of doen? Godsdienstige mense het vir duisende jare hul idees op die mensdom probeer afdwing, terwyl materialiste se mooiklinkende ideale hoofsaaklik gelei het tot state waarbinne die mense uiteindelik sinnelose selfsug, hebsug en verbruikerisme omhels het. Miskien is die beste metode dalk daarin geleë dat die meeste mense die voorbeeld kan navolg van spiritueel-bewuste mense wat deur hul lewenswyse en optrede teenoor andere, 'n soort “hemel-op-aarde” kan bewerkstellig? Deur te fokus op die gedeelde Goddelike kern binne alle mense en binne alle ander lewende wesens, kan hierdie “spirituele elite” miskien in sodanige posisie wees dat hulle hul idees kan toepas binne sekere gebiede wat deur hulle besit en beheer word. 'n Goeie voorbeeld hiervan is die Findhorn Foundation [1]. Ander mense wat buite hierdie gebiede woon, behoort dalk in 'n toenemende mate te besef dat hul eie state wat gebaseer is op óf 'n Godsdienstig-Fundamentalistiese, óf 'n Materialisties-Ateïstiese lewensbeskouing, op die ou end tog nié so doeltreffend is soos 'n gemeenskap waarvan die meeste mense se lewenswaardes hoofsaaklik gebaseer is op 'n Nuwe Spirituele lewensbeskouing nie.

Donderdag, 20 Desember 2012

Godsdienstige Fundamentalisme

Hoe groot is die invloed van godsdiens in die wêreld? Is die mensdom tans besig om weg te beweeg van ou en uitgediende godsdienstige idees, of is daar sekere dele in die wêreld waar mense in die onlangse verlede nader beweeg het aan ou godsdienstige idees? Sedert die 1960's was daar 'n oplewing van alternatiewe idees oor godsdienstige en politieke waardes in Amerika, as gevolg van veral die ontstaan van die sogenaamde Hippie-beweging. Die Hippies was ontevrede met die konserwatiewe waardes van hul ouers en hul ouers se ondersteuning van die oorlogsugtige en geldgierige politici. Daar was 'n gepaardgaande seksuele rewolusie en baie denkers het voorspel dat die Westerse wêreld begin wegbeweeg het van ou tradisionele Christelike familiewaardes. Baie fundamentalistiese Christelike skrywers soos o.a. Dave Hunt en Josh McDowell het mense lateraan gewaarsku teen die sogenaamde bedreiging van die “Nuwe Era” beweging. Ongelukkig het die Hippie-beweging gaandeweg begin disintegreer en baie van die gewese Hippies het uiteindelik verbruikerisme en materialistiese waardes omhels. Die meeste Amerikaners het egter méér Fundamentalisties-Christelik begin raak en in die vroeë jare van die een-en-twintigste eeu 'n president verkies wat selfs die vermetelheid gehad het om te beweer dat hy God se “werk” doen deur oorlog te verklaar teen Irak!

Meer as die helfte van die wêreld se bevolking is aanhangers van een van die volgende drie godsdienste naamlik die Christendom, Judaïsme en Islam. Hierdie drie godsdienste is deel van die Abrahamitiese godsdienstradisie. Islam is deesdae die godsdiens wat die vinnigste groei, m.a.w. wat die meeste mense op 'n daaglikse basis “bekeer”. Die Christendom is nog steeds die grootste godsdiens met ongeveer 31% van die wêreld se bevolking as aanhangers en het vir baie jare 'n geweldige invloed gehad op veral Westerse mense se denke en lewenswyses. Die meeste aanhangers van hierdie drie godsdienste aanvaar die volgende geloofsbeginsels:

·        God is 'n Persoonlike Wese wat baie jare gelede die wêreld “vanuit niks” geskep het. Hy is 'n Perfekte en Almagtige Wese wat die vermoë het om wonderwerke te kan verrig - wonderwerke wat selfs kan indruis teen die Natuurwette.

·        God het sekere gebooie en riglyne neergelê waarvolgens mense veronderstel is om te glo en te lewe en het hierdie riglyne aan Sy volgelinge geopenbaar deur middel van sekere “heilige” geskrifte soos o.a. die Bybel, die Koran en die Jode se Tora.

·        God het sommige mense uitverkies en andere verwerp. Diegene wat Hy uitverkies het, is bestem om óf 'n goeie lewe te lei op aarde, en/óf om eendag na die afsterwe van hul fisiese liggame, die ewige lewe te beërwe.

Aanhangers van die onderskeie godsdienste het verskillende skeppingsverhale wat van mekaar verskil betreffende die tyd wanneer die aarde ontstaan het. Kreasioniste glo nié dat verskillende spesies 'n gemeenskaplike voorouer-spesie miljoene jare gelede gehad het nie en hulle verwerp gevolglik die evolusieteorie waarvolgens spesies gaandeweg ontwikkel het d.m.v. natuurlike prosesse soos natuurlike seleksie en mutasies. So byvoorbeeld glo “Ou-Aarde” kreasioniste dat die wêreld miljoene jare oud is, terwyl “Jong-Aarde” kreasioniste glo dat die wêreld slegs ongeveer 6 000 jaar oud is. Daar is egter Godsdienstige Fundamentaliste wat die oorweldigende getuienis vir die geldigheid van evolusie aanvaar en wat voorstanders is van sg. teïstiese evolusie.

Tradisionele Christene glo dat die Bybel deur God aan mense geopenbaar is en dat dit as sodanig die “Woord van God” is. Moslems glo dat hul God Allah die Koran aan die profeet Mohammed geopenbaar het, terwyl Ortodokse Jode glo dat Jahwe (die God van die Ou Testament) die eerste vyf boeke van die Bybel (die Tora) aan Moses geopenbaar het. Ortodokse Jode glo dat Jode die uitverkore volk van God is, terwyl die meeste Christene en Moslems glo dat halsstarrige ongelowiges bestem is vir die ewige verdoemenis.

Omdat die lewe ná die dood vir hulle van groter belang is as die mens se tydelike bestaan op aarde, glo baie godsdienstiges dat dit nié mense se plig is om 'n paradys op aarde te probeer bewerkstellig nie. Hulle glo dat die mens in elk geval té boos is om so-iets te realiseer en dat slegs God die vermoë het om sommige mense te verlos van hierdie mistroostige bestaan. Die wêreld sal volgens sommige tradisionele Christene, uiteindelik só boos word dat die Antichris, as onderdaan van die Duiwel, die grootste deel daarvan sal regeer, waarna God self sal ingryp en “'n Nuwe Hemel en 'n Nuwe Aarde” tot stand sal bring.

Baie denkers beweer dat die wêreld 'n baie slegter plek sou gewees het indien daar nié godsdienste was wat rigting verskaf het aan die meeste mense nie. Hulle beweer dat sekere godsdienstige beginsels mense aanmoedig om die landswette te gehoorsaam en sodoende ander mense met respek te behandel. Die Tien Gebooie word byvoorbeeld dikwels deur baie denkers na verwys as goeie riglyne waarvolgens baie Jode en westerlinge se lewenswaardes bepaal is. Daar is egter al dikwels baie wandade gepleeg in die naam van georganiseerde godsdienste en godsdienstige organisasies het al dikwels onderdrukkende regerings ondersteun. Het sekere godsdienstige idees en praktyke méér voor- as nadele vir sommige mense ingehou, of kan godsdienstige idees nié blameer word vir slegte dinge wat met mense gebeur het nie?

Terwyl Godsdienstige Fundamentalisme in baie godsdienste van die wêreld voorkom, sal ek in hierdie boek hoofsaaklik fokus op Christelike fundamentalisme. My verstaan van die term “Godsdienstige Fundamentaliste”, is dat dit verwys na mense wat glo in beide 'n Persoonlike God waarmee mense 'n persoonlike verhouding kan hê, én dat slegs sommige mense bestem is om eendag die ewige lewe te beërwe. Moslem-fundamentaliste glo byvoorbeeld dat slegs mense wat hul lewens volledig toewy aan Allah, bestem is vir 'n wonderlike lewe in die hiernamaals. Daar word gevolglik neergesien op ongelowiges (Engels: infidels) wat nié bereid is om Allah se riglyne, soos uiteengesit in hul “heilige” Koran, na te volg nie. Baie van hulle voer 'n lewenslange “heilige” oorlog ten einde die ongelowiges te oorreed om die Islam-geloof te aanvaar. Sommige van hulle gaan selfs sover om hul eie lewens op te offer ten einde die saak van Islam te bevorder en sodoende vir hulself 'n plekkie in die paradys saam met 72 maagde, te verseker. Ortodokse Judaïsme is 'n vorm van fundamentalisme binne die Joodse tradisie. Hulle glo dat slegs biologiese afstammelinge van die volk Israel uitverkore is in die oë van hul (stam)god Jahwe. Dit is nie deel van hul evangelisasie om nie-Jode te werf as volgelinge vir hulle geloof nie, omdat hulle glo dat Jahwe se riglyne slegs van toepassing is op die Joodse gedeelte van die mensdom. Nie-Jode, sogenaamde goyim (Engels: human cattle), word nie as belangrik genoeg geag nie en sommige van die Joodse wette en riglyne, soos uiteengesit in hulle rassistiese Talmoed, diskrimineer openlik teen mense wat nie deel is van die biologiese Joodse “ras” nie.

Hier is insiggewende, skokkende aanhalings uit sekere weergawes van die Talmoed:

·        Only Jews are human. [Gentiles] are animals. (Baba Mezia 114a-114b.) [1]

·        Even the best of the [Gentiles] should be killed. (Babylonian Talmud) [2]

·        All [Gentile] children are animals. (Yebamoth 98a.) [3]




[1]    http://groups.yahoo.com/group/hidayahnet/message/49413
[2]    http://www.sunray22b.net/jewish_encyclopedia.htm
[3]    https://groups.google.com/forum/#!msg/alt.clearing.technology/enQzcCP70Tk/qsgthdzqctsJ

Is Sekulêre Humanisme 'n geldige plaasvervanger vir Godsdienstige Fundamentalisme?

Materialistiese Ateïste verskil hemelsbreed van mekaar wat betref hul politieke standpunte. Postmoderniste neig om 'n meer liberale standpunt oor die politiek te hê, wat daarop neerkom dat alle mense die reg behoort te hê om sover moontlik te doen wat hulle wil solank hulle net nie ander mense daardeur benadeel nie. Moderniste daarenteen, wil hê dat die ou en uitgediende idees van godsdienste vervang moet word deur 'n nuwe “sekulêre” ideaal. Daar is byvoorbeeld verregse, rassistiese ateïste wat glo dat die verbetering van hul eie ras die hoogste prioriteit behoort te geniet. In die laat sewentigerjare, tagtigerjare en vroeë negentigerjare was daar so 'n antichristelike verregse organisasie in die VSA - die Kerk van die Skepper, wat ook aktief was in die ou Suid-Afrika. In hierdie video  [1] erken die voormalige leier van die World Church of the Creator, Matt Hale, dat “We [members of the WCOTC] would like to see the other races [including Jews and non-whites] cease to exist...starve to death and die” !

Materialistiese Marxiste beywer hulself daarvoor om uiteindelik ontslae te raak van alle uitgediende godsdienstige idees oor God en die hiernamaals. Hulle reken dat mense nie meer sulke fantasieë sal hê wanneer daar eendag 'n paradys op aarde is en alles deur almal besit word nie. Soortgelyk hieraan is daar deesdae “etiese” humaniste wat hulself daarvoor beywer om die wêreld te verbeter sonder die gebruikmaking van gewelddadige en diktatoriale metodes wat Marxiste deur die jare gebruik het. Hulle glo dat die meeste mense hul eie optredes en morele waardes uiteindelik sodanig sal aanpas dat dit tot voordeel van andere sal wees. Iemand wat steel sal byvoorbeeld leer dat hy in die moeilikheid sal beland as hy uitgevang word, terwyl iemand wat onhigiënies lewe, gou sal agterkom dat hy siektes sal opdoen as hy nie planmaak om daagliks te bad nie. Mense word ook deur die jare slimmer omdat hulle leer uit hul foute en omdat hulle meer doeltreffend besluite kan neem deur oorsake en gevolge beter met mekaar in verband te bring.

Ateïstiese “etiese” humaniste beweer dat daar gemeenskaplike norme en waardes is wat die meeste voordele vir die meeste mense tot gevolg kan hê en wat deur die meeste mense nagevolg behoort te word. Namate mense meer intelligent en beskaafd raak, sal hulle begin besef dat hulle dáárdie waardes behoort na te streef in plaas daarvan om andere te benadeel deur hul eie kortsigtige en selfsugtige belange voorop te stel. Individuele vryhede sal dan óók toeneem omdat dit nie meer vir regerings nodig sal wees om groot polisiemagte in stand te hou ten einde te sorg dat die bevolking die landswette gehoorsaam nie. Uiteindelik sal demokrasie en liberalisme 100% “werk” en sal die mensdom op pad wees na 'n “paradys op aarde”. Die probleem is dat die meeste mense genoegsaam gemotiveer en onderrig moet word sodat hulle moet besef dat hul eie kortsigtige belange dikwels in die pad staan van die geluk en voorspoed van die meeste ander mense. Solank daar selfsugtige mense is wat geensins daarin belangstel om ander mense se welsyn te bevorder nie, sal daar beperkende wette en maatreëls wees. Die regering maak dan wette wat noodwendig 'n beperkende invloed het op mense se individuele vryhede. Indien regeringsleiers egter geensins belangstel in die welsyn van hul onderdane nie, kan beperkende wetgewing hul eie welsyn bevorder ten koste van dié van hul onderdrukte onderdane.

Etiese humaniste se droom is egter ver verwyderd van die werklike lewe. In verskeie lande raak mense toenemend wantrouig en gewelddadig as gevolg van 'n onderwysstelsel en hoofstroommedia wat doelbewus deur sekere magte gebruik word om mense se lewenswaardes in 'n sekere rigting te kanaliseer. Die toenemende misdaad word dan as verskoning gebruik om meer drakoniese wetgewing in te stel en gevolglik mense se vryhede toenemend van hulle te ontneem. Veral Suid-Afrika beweeg inderwaarheid in 'n rigting wég vanaf liberale Westerse waardes en weg vanaf die eweredige verspreiding van rykdomme. Die mag word toenemend in die hande van kleiner groepe geplaas wat hulself verryk ten koste van die meeste ander Suid-Afrikaners.

Terwyl dit 'n feit is dat nié alle ateïste noodwendig losbandig lewe en “twyfelagtige” morele waardes het nie, is dit ook so dat nié alle godsdienstige en “spiritueel-bewuste” mense eerlike mense is met goeie morele waardes nie. Dit is egter ongelukkig so dat die meeste mense 'n tipe afskrikmiddel benodig om hulle aan te moedig om sekere norme en morele waardes na te volg. Dit is heel waarskynlik die hoofrede waarom godsdienstige idees deur baie sekulêre regerings op 'n manier “verdra” word omdat dit hul onderdane as't ware “op die regte pad” hou. Die godsdienstige waardes van die ou Russies-Ortodokse Kerk is grootliks deur materialistiese en humanistiese waardes vervang, wat deur die Bolsjewiste ná 1917 op gewelddadige en onderdrukkende wyse op die bevolking van die Sowjetunie afforseer is. Die nuwe heersers het besef dat die gewone man op straat nie spontaan self sal besluit om sekere morele waardes na te volg wat sy eie welstand kan beperk nie, en daarom is streng wetgewing toegepas om die onderdrukte bevolking verder te mislei, te verarm en te misbruik. Ek is bevrees dat dit wil voorkom asof die Suid-Afrikaanse regering dieselfde paadjie loop op pad na 'n moontlike toekomstige eenparty-diktatuur, met hul onlangse besluite oor moontlike wetgewing wat persvryheid kan beperk.

In teenstelling met bogenoemde is in veral Wes-Europese lande die ou godsdienstige waardes grootliks vervang deur postmoderne waardes wat die vryheid van die individu en die najaag van materiële rykdomme en plesier vooropstel. Terwyl die lewensstandaard vir baie jare nogal redelik hoog was in daardie lande, is die probleem dat die meeste inwoners deesdae geen gemeenskaplike getrouheid of “mite” het wat hulle kan verenig om doeltreffend weerstand te bied teen dinge wat hul manier van lewe bedreig nie. Sodoende bied o.a. die inwoners van Nederland deesdae maar weinig weerstand teen die opdringerige houding van die toenemende aantal Moslem-immigrante wat hul land binnestroom. Die Nederlandse selferkende ateïs en “regse” politikus Geert Wilders, het al heelwat ondersteuning vir sy pogings om die immigrasie van veral Moslems teen te staan, maar uiteindelik sal sy besware gesmoor word deur die propaganda van die hoofstroommedia waarvan die eienaars doelbewus probeer om soveel as moontlik derde-wêreldse immigrante in Europa toe te laat. Baie van hierdie media-eienaars is magtige materialiste wat uit ondervinding geleer het dat opportunisme en die gebruik van leë beloftes, leuens en misleiding, meer doeltreffend is as eerlikheid.

Sekulêre humaniste beklemtoon dikwels die belangrikheid van die menslike rede en van tegnologiese vooruitgang. Op die oog af wil dit voorkom asof die lewensstandaard van die moderne mens beter is as die antieke mens s'n as gevolg van die vordering op tegnologiese gebied en mense se maklike toegang na inligting op veral die internet. Alhoewel mense vandag makliker toegang het na inligting, is dit ongelukkig so dat die meeste mense nie die moeite doen om regtig te probeer uitvind hoe hulle mislei word deur godsdienstige leiers en die eienaars van die hoofstroommedia nie. Eienaars van die hoofstroommedia weet dat die meeste mense dit verkies om elke aand voor die tv te sit en kyk na eensydige nuusberigte en sogenaamde vermaak waarin sekere lewenswaardes uitgebeeld word, eerder as om self ondersoek in te stel en alternatiewe bronne op die internet te raadpleeg. Wetenskaplike kennis kan ongelukkig ook in die toekoms gebruik word om menslike vryhede aan bande te lê. Rekenaartegnologie kan byvoorbeeld gebruik word om méér inligting oor mense te bekom en sodoende meer mag in die hande van sekere mense met selfsugtige motiewe, te plaas. Daar is dus beslis nie 'n direkte verband tussen mense se geluk en die vooruitgang in tegnologie nie. Etiese humaniste beweer dat elke mens se behoeftes herlei kan word na hierdie eenvoudige formule - “die meeste voordele vir die minste inset”. Hierdie aanname dat die motivering vir menslike gedrag na 'n eenvoudige formule herlei kan word, is egter 'n oorvereenvoudiging van die wese van menswees, omdat dit spirituele waardes soos naasteliefde, empatie en meegevoel, as minder belangrik ag as hul eie “towerformule”.

Vrydag, 14 Desember 2012

Materialistiese Ateïsme

Die gesprek oor die voor- en nadele van godsdienstige idees het sedert 2005 begin momentum kry toe sogenaamde militante ateïstiese skrywers soos o.a. Richard Dawkins, Sam Harris, Christopher Hitchens en Daniel Dennett, se uitgesproke kritiek teen godsdiens, veral Westerse mense se aandag begin fokus het op die wandade wat in die naam van Godsdienstige Fundamentalisme gepleeg is. Daar het selfs in 2009 'n film met die naam Religulous verskyn waarin die spot gedryf is met sekere godsdienstige gedagterigtings en wat deur die ateïstiese komediant Bill Maher, aangebied is.

Wanneer sterrekundiges en bioloë hul sintuiglike waarnemings as hulpmiddels gebruik om gevolgtrekkings te maak, verklaar hulle dikwels dat lewe per toeval op die aarde ontstaan het en dat die ganse werklikheid as geheel, eintlik geensins “bekommerd” is oor die welstand van die mensdom nie. Die mensdom is dus volgens hulle, 'n toevallige byproduk van basies sinnelose prosesse. Hulle wys daarop dat daar heelwat meer pyn en lyding in die wêreld is as geluk en plesier. Daar is ook derduisende spesies wat alreeds uitgesterf het. Indien daar 'n Intelligente Ontwerper is, het Hy/Sy/Dit nogal baie onnodige vermorsing laat plaasvind. Wat is nou eintlik die funksie van 'n groot gedeelte van die heelal, indien daar geen lewende wesens daarbinne is wat deur miljoene sonnestelsels, soortgelyk aan ons eie sonnestelsel, onderhou word nie? Op die oog af wil dit dus voorkom asof die ganse werklikheid maar basies sinneloos is en dat die lewe hoofsaaklik handel oor sterker, slimmer en/of meer aanpasbare mense wat misbruik maak van hul minder-bevoorregte medemense. 'n Siniese aanmerking wat 'n vriend van my 'n ruk gelede gemaak het dat hy amper nooit 'n “lelike” vrou in 'n duur spogmotor sien rondry nie, het my weereens herinner aan hierdie mistroostige wêreldbeskouing.

Dit wil ook nie voorkom asof mense op 'n manier spesiaal is omdat hulle kwansuis na die “beeld van God” geskape is nie. André Comte-Sponville verklaar in sy boek, The Book of Atheist Spirituality, dat een van die hoofredes waarom hy sy geloof in God verloor het, die feit is dat die meeste mense maar redelik middelmatig (Engels: mediocre) is. Op bladsye 118 en 119 sê hy o.a.: “...the more I get to know them [human beings], the less I can believe in God. Let's say I don't have a sufficiently lofty conception of humanity in general or myself in particular to believe that a God could be at the origin of this species and this individual. Everywhere I look, there is too much mediocrity, too much pettiness,...”. Terwyl elke mens tog op 'n manier uniek is, is dit ook 'n voldonge feit dat die meeste mense soos 'n trop skape, onnadenkend die mees gewilde idees navolg. Daar was ook nog altyd slegs 'n skeppende minderheid wat die leiding geneem het. Waarom sou 'n Intelligente Ontwerper dan so baie “middelmatige” mense geskep het, waarvan die meeste se lewens oorheers word deur onnodige bekommernisse, pyn en lyding? Dit wil ook voorkom asof selfs baie “ongelowige” mense dikwels godsdienstige idees misbruik om hul eie kortsigtige persoonlike belange te bevorder. Sodanige oneerlike opportunisme is 'n eienskap wat deel is van baie “middelmatige” mense.

Wanneer die geskiedenis van die mensdom en die Natuurwette bestudeer word, kan mens maklik die gevolgtrekking maak dat die ganse Kosmos eintlik soortgelyk is aan 'n verspotte “Douglas Adams”-verhaal waarin allerlei absurde gebeurtenisse lei tot nog meer toenemende chaos, absurditeit en sinneloosheid! Dis asof Materialistiese Ateïsme die naaste aan “die Waarheid” is, wanneer die geldigheid daarvan vergelyk word met die geldigheid van Godsdienstige Fundamentalisme en ander lewensfilosofieë. Die hoogste vorm van menswees blyk dus die lewe van die “tragiese held” te wees, wie se heldedade, skeppingsvermoë en pogings om die lewe meer sinvol te maak, tog op die ou end gedoem is tot mislukking. Die mens kan dus allerlei planne beraam en ideale nastreef, maar op die ou end “lag” die Kosmos vir hierdie patetiese spesie. Terwyl die hoogste ideale van beide Godsdienstige Fundamentalisme en 'n Nuwe Spirituele lewensbeskouing ewig van aard is, is die Materialistiese Ateïs se ideale altyd tydelik van aard. Die kommunis se uiteindelike utopiese wêreldorde en die etiese humanis se droom van die mensdom wat in 'n toenemende mate vooruitgaan, sal ook eendag verdwyn wanneer die son uitbrand. Volgens Materialistiese Ateïste skep mense gedurigdeur ideale wat nagestreef word, maar wat saam met die mensdom en die heelal gedoem is om uiteindelik te verdwyn wanneer daar nie langer iets soos “Tyd” en “Ruimte” sal wees nie.

In sy uitstekende boek The Book of Atheist Spirituality, verduidelik die Franse filosoof André Comte-Sponville die verskille tussen die begrippe geloof, hoop en die liefde (meegevoel met andere). Volgens hom is geloof en hoop vir Christene baie belangrik omdat hulle geloof het in die werklikheid van hul Persoonlike God en omdat hulle hoop om eendag die ewige lewe te beërwe. Vir hom as ateïs is liefde baie belangriker as die ander twee en fokus hy eerder daarop om te strewe na en te werk vir die verbetering van sy eie lewe en die lewens van diegene vir wie hy lief is, as om te hoop dat iemand anders, soos bv. God, sal sorg dat dinge eendag sal verbeter. Hy beweer dat mense wat “hoop”, per definisie minder gelukkig is as mense wat wanhoop, omdat iemand wat gelukkig en tevrede is met sy of haar lewe hier en nou, nie nodig het om te hoop dat hulle eers eendag in die verre toekoms in, gelukkig sal wees nie. Na ek dit gelees het, het ek besef dat geloof en hoop vir my ook belangrik is, maar dat ek nie met hom saamstem dat hoop en geluk noodwendig met mekaar kompeteer nie. Mens kan gelukkig wees in die hier en nou én nog boonop hoop en glo dat jy eendag bevry sal wees van aardse ongeluk, pyn en lyding. Terwyl die Materialistiese Ateïs glo dat sy/haar geluk altyd tydelik van aard sal wees omdat alles op die ou end “tot stof” sal terugkeer, glo en hoop Godsdienstige Fundamentaliste dat hulle ééndag ewigdurende geluk en liefde sal vind en dat dit daarna nié meer vir hulle nodig sal wees om te “glo” en te “hoop” terwyl hulle in die Hemel is nie, omdat hulle dan in die hiernamaals volkome bevry sal wees. 

Ontevredenheid met godsdienstige mense se dikwels onaanvaarbare idees oor die eienskappe van God, lei baie skeptiese mense tot die gevolgtrekking dat álle idees oor dinge wat nie deur huidige wetenskaplike metodes verklaar of waargeneem kan word nie, gebaseer is op wensdenkery. Omdat die Goddelike vir hulle nié werklik is nie, is daar ook volgens hulle geen ewige, objektiewe, absolute waardes búite die mens nie. Die mens moet dus sélf besluit wat reg en verkeerd is. Ateïste verskil van mekaar betreffende dit wat veronderstel is om die plek van God in te neem. Volgens die Duitse filosoof Friedrich Nietzsche, is die “Supermens” (Duits: Übermensch) veronderstel om die leemte te vul wat deur die “dood” van God veroorsaak is. Hedendaagse Marxiste glo daarenteen dat hul utopiese ideaal van die “gemeenskaplike besit van alles”, die nuwe “god” van die mensdom behoort te wees. Postmoderniste reken dat daar géén gemeenskaplike ideaal of waardes is wat deur mense nagestreef behoort te word nie. Ateïsme word dikwels ongelukkig geïdentifiseer met kommunisme, omdat die meeste ateïste in veral Westerse lande, jare gelede simpatiek was teenoor daardie ideologie. Miskien sal toekomstige ateïste hul verbeeldings en skeppingsvermoë kan gebruik om iets nuuts - iets anders as uitgediende Marxistiese lewenswaardes, morele relativisme (postmodernisme) of Wes-Europese liberale humanisme en genotsug, voor te hou as die nuwe “god” van die mensdom?

Die woord “ateïsme” het verskillende betekenisse vir verskillende mense - soortgelyk aan die verskillende definisies wat mense heg aan ander woorde soos “Christen”, “liefde”, “Apartheid” en “rassisme”. Daar word gewoonlik onderskei tussen negatiewe ateïsme en positiewe ateïsme. 'n Bekende ateïs beskryf die verskille en ooreenkomste tussen agnostisisme en negatiewe en positiewe ateïsme as volg:

“Michael Martin, a leading atheist philosopher, defines atheism entirely in terms of belief. For him, negative atheism is simply the lack of theistic belief, positive atheism is the asserted disbelief in God, and agnosticism is the lack of either belief or disbelief in God. This suggests that negative atheism, the minimal position that all atheists share, divides neatly into agnosticism and positive atheism. It is worth noting that the 'positive atheist' need not have certainty that God doesn't exist: it is a matter of belief, not knowledge.” [i]

My verwysing na die woord “ateïsme” sal voortaan dieselfde betekenis hê as die begrip “positiewe ateïsme” waarna Michael Martin verwys. Positiewe ateïste glo dat God/die Goddelike nié werklik is nie, maar hulle is egter nie noodwendig “seker” daaroor nie. Hulle kan ook nie die onwerklikheid van enige Goddelike voldoende bewys nie, en daarom verwys Michael Martin na ateïsme as 'n “geloof”. 

Indien daar géén God of Goddelike Werklikheid is nie, is daar gevolglik geen Intelligente “Iets” wat bewustelik besluit het om die ganse Kosmos te skep nie, en daar is ook geen Goddelike Absolute waaruit die Heelal en alles daarbinne, kon voortgevloei het nie. Die gevolgtrekking wat dus gewoonlik deur ateïstiese kosmoloë gemaak word, is dat die heelal óf geen begin gehad het nie en dat dit nog altyd daar was, óf dat Tyd en Ruimte op die een of ander stadium (spontaan?) “begin” het. Mense bevind hulself dus binne-in 'n heelal wat basies sinneloos is en waarbinne dit hul eie verantwoordelikheid is om sin en betekenis aan hul eie lewens te gee. 'n Voordeel hiervan is dat mense hul eie skeppingsvermoë kan gebruik om die lewe interessant en die moeite werd te maak. 'n Nadeel hiervan is dat die mens basies “alleen” in die ganse Kosmos is en dat daar geen Persoonlike God is wat die mens kan “verlos” vanuit hierdie basies-sinnelose bestaanswerklikheid nie. Volgens positiewe ateïste is daar ook geen Goddelike Werklikheid wat as 'n onpersoonlike gedeelde “essensie” of kern tussen alle lewende wesens, beskou kan word nie. Omdat hulle die werklikheid van enige “nie-materiële” Goddelike ontken, ontken die meeste van hulle óók die werklikheid van enige “siel” of energie wat deel is van elke mens en wat daartoe kan lei dat die bewussyn onafhanklik van die fisiese brein kan funksioneer. Daar is egter ander ateïste wat wel glo in die bestaan van die onsterflike siel, soos o.a. die Jaïniste met hul geloof in reïnkarnasie. Sommige “ateïstiese” Boeddhiste glo dat elke lewende wese 'n geestelike bestendigheid (Engels: mental continuum), in plaas van 'n “onsterflike siel” het, wat soortgelyk aan 'n vlam wat van een kers na 'n ander oorgedra word, vanaf een fisiese liggaam na 'n ander inkarneer. Alle ateïste is dus nié noodwendig “filosofiese” materialiste wat die werklikheid van enige nie-materiële dinge ontken nie.

Die betekenis van die woord “materialisme” is egter nog meer kontroversieel as die woord “ateïsme” en dit is veral ateïste wat beswaar maak teen my gebruik van die term “materialisme” wanneer ek na hul gevolglike ontkenning van die lewe na die dood verwys. Die definisie wat ek deurgaans in hierdie boek gebruik is soortgelyk aan dit wat bekendstaan as “filosofiese materialisme”. Dit het egter beslis nie dieselfde betekenis as iemand wat noodwendig selfsugtig of egoïsties is nie! Materialiste verwerp nie alleen die moontlikheid van die lewe na die dood nie, maar ook die moontlikheid van die werklikheid van enige gode of “geeste”. My verstaan van die woord “materialisme” stem ooreen met die selferkende materialis en ateïs Victor J. Stenger, se definisie daarvan op bladsy 63 van sy uitstekende boek Quantum Gods:

“Materialism is the doctrine that the universe is composed of a single substance called matter and nothing else. The answer materialism gives to the question 'Is there anything out there?' is: Nothing is out there except matter. Materialism is usually equated with naturalism, which is probably best described as the doctrine that denies the existence of gods or other 'spirits'”.

Daar word dikwels deur ateïste beweer dat hulle nié godsdienstige idees benodig om 'n goeie en moreel-aanvaarbare lewe te lei nie. Dit is volgens baie van hulle ook nié nodig dat die meeste ander mense met die helse vuur gedreig word ten einde hul samewerking en goedgesindheid te bewerkstellig nie. Ander maniere kan gevind word om mense aan te moedig om beter morele waardes te hê. Terwyl Marxiste glo dat geweld en onderdrukking uitstekende hulpmiddels is om die samewerking van die massas te bewerkstellig, beweer hedendaagse “etiese” humaniste dat die meeste mense mettertyd sal leer hoe om beter teenoor mekaar op te tree en gevolglik nié misbruik te maak van andere en van aardse hulpbronne nie. Die mensdom sal uiteindelik ontslae raak van ou en uitgediende godsdienstige norme en waardes, en sal dit vervang met beter waardes wat die grootste voordeel vir die grootste aantal mense sal inhou. Die meeste lande waarvan die meeste inwoners oorwegend Materialistiese Ateïste is/was, was óf kommunistiese lande soos die ou Sowjetunie, óf hedendaagse “liberale” demokrasieë soos o.a. Swede en Japan. Ateïste verwys dikwels na die beter lewensomstandighede in Swede, maar hulle verwys minder dikwels na die hoë selfmoordsyfer in daardie land [ii], die instroming van veral derde-wêreldse Moslems en die feit dat mense se individuele vryhede in toenemende mate beperk word. Tuisonderrig is byvoorbeeld onwettig in Swede. Die Sweedse polisie het onlangs Sweedse ouers se seun, Domenic Johansson, ontvoer na sy ouers besluit het om hom tuis te onderrig! [iii]

Na die bewindsoorname van die ANC-regering in 1994 is die ou oorwegend-Calvinistiese Grondwet van Suid-Afrika vervang deur 'n nuwe Grondwet wat grootliks gebaseer is op sekulêre, humanistiese waardes. Die beklemtoning van die regte van veral die Afrikanervolk is vervang deur die beklemtoning van die regte van die individu. Waar die Afrikaanse kerke in die verlede hul stempel indirek afgedruk het op die formulering van heelwat van die wetgewings, het die Nuwe Suid-Afrika op sekere terreine wegbeweeg van die invloed van Godsdienstige Fundamentalisme en nader aan Materialistiese Ateïsme beweeg. Goeie voorbeelde hiervan is die wegbeweeg vanaf diskriminerende wetgewing teenoor gays en die verdraagsame houding aangaande pornografie en aborsie. Die “lugleegte” wat veroorsaak is deur heelwat mense se wegbeweeg vanaf hul ou godsdienstige en kulturele waardes, is grootliks vervang deur die nuwe “god” van verbruikerisme en die gepaardgaande toenemende polarisasie tussen mense van verskillende bevolkingsgroepe. Terwyl sommige mense die Nuwe Suid-Afrika as bevrydend ervaar, is daar tog 'n groot gedeelte van die bevolking wat die wegkwyn van kulturele waardes en die verlies aan 'n gevoel van eensgesindheid en gebondenheid aan 'n soortgelyke groep mense, as onrusbarend en traumaties ondervind. Die wegbeweeg vanaf 'n tipe Christelike teokrasie het dus nié gelei na 'n samelewing wat noodwendig op alle gebiede beter is as die ou Suid-Afrika nie. 'n Samelewing wat gebaseer is op sekulêre en materialistiese waardes, is dus nie noodwendig beter as 'n samelewing wat hoofsaaklik godsdienstige waardes nastreef nie. Hedendaagse ateïste soos Sam Harris verwys dikwels na die beter omstandighede in sekulêre lande soos Japan en Swede in vergelyking met die swakker lewensomstandighede in meer godsdienstige lande soos Nigerië en Indië. Ongelukkig neem hulle nie ánder faktore soos gene en kulturele norme en waardes, in ag nie.

Mense wat redelik welgesteld is en wat hoofsaaklik fokus op die najaag van materiële rykdomme, is gewoonlik meer geneig om Materialistiese Ateïsme te omhels, as byvoorbeeld mense wat onder die broodlyn lewe. Tel-evangeliste is natuurlik 'n uitsondering op hierdie reël, maar ek wonder dikwels tot watter mate hulle in werklikheid “ongelowig” is en godsdiens hoofsaaklik misbruik tot hul eie materiële voordele... Godsdiens verskaf tog aan baie brandarm mense 'n bietjie kleur aan hul andersins mistroostige lewens. 'n Voorskoolse kind sien jaarliks daarna uit om geskenke van Kersvader te ontvang, terwyl 'n gelowige ou tannie wat op haar sterfbed lê, hoopvol uitsien na die ewige lewe wat op haar wag nadat sy haar laaste asem uitgeblaas het. Die “liberale” Christelike teoloog Don Cupitt, verskaf in sy verskeie boeke goeie redes waarom 'n “nie-werklike” godsdiens vir baie mense nuttig kan wees. Selfs geharde ateïste moet dan erken dat “nie-werklike” godsdienstige idees, mites, sprokies en feeverhale, voordelig kan wees vir sommige mense.

André Comte-Sponville probeer om sy eie weergawe van spiritualiteit met ateïsme te versoen in die laaste gedeelte van sy  boek, The Book of Atheist Spirituality. Hy verduidelik hoedat hyself soms mistieke ervarings beleef het waartydens dit vir hom gevoel het asof hy deel is van een groter “absolute” geheel. Hierdie ervarings was van so 'n wonderlike aard dat hy gedurende die belewenis daarvan gevoel het dat daar eintlik slegs Een Werklikheid is en dat hy, sowel as alle ander lewende wesens en dinge, onafskeidbaar deel is daarvan. Gedurende die mistieke ervaring voel mens asof jy totaal geabsorbeer is deur 'n allesomvattende liefde en dat jy buite Tyd en Ruimte is. Jy bekommer jou nie oor jou eie sterflikheid nie en dis ook nie vir jou nodig om te hoop dat jy eers ééndag in die verre toekoms in, verlos sal word nie. Sy beskrywing van die verskille tussen sy mistieke ervaring en sy alledaagse “gewone” bestaan, is egter béter as enige beskrywing daarvan wat ek al ooit in enige ander “spirituele” of “New Age”-boek raakgelees het. Na sy wonderlike ervaring het hy weer teruggekeer na sy alledaagse bestaan waartydens hy hom wel bekommer oor sy kinders, werkstoestande en finansiële status. Sy belewenis van “verlossing” was dus slegs tydelik van aard.

Die grootste beswaar wat ek teen Materialistiese Ateïsme het, is teen die filosofie daarvan met betrekking tot die uiteindelike bestemming van die mens. Waar beide Godsdienstige Fundamentalisme sowel as my Nuwe Spirituele lewensbeskouing, die ewigdurende aard van die mens se uiteindelike bestemming onderskryf, ontken Materialistiese Ateïsme die moontlikheid van die onsterflike aard van die menslike bewussyn. Godsdienstige Fundamentaliste glo dat slegs sommige mense bestem is om eendag die ewige lewe te beërwe. Ondersteuners van 'n Nuwe Spirituele lewensbeskouing glo dat elke mens die potensiaal het van moontlike eenwording met die Goddelike, terwyl materialiste se mistroostige toekomsverwagting, die tydelike en sterflike aard van álle dinge onderskryf. Die  hoogste ideale waarna hulle strewe is dus van staanspoor af  verganklik en tydelik van aard.





[ii] http://www.who.int/mental_health/prevention/suicide_rates/en
[iii] http://www.cbn.com/cbnnews/world/2012/March/Swedish-Homeschool-Family-Broken-to-Pieces